Twaalf trokbestuurders hof toe na onrus

Twaalf vragmotorbestuurders sal na verwagting vandag in die Ladysmith landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn. Dit volg nadat hulle Vrydag verkeer op die belangrike N3-deurgangsroete tussen Gauteng en KZN ontwrig het. Die polisiewoordvoerder Jay Naicker sê groot chaos is in Van Reenenspas veroorsaak toe verdagtes sommige vragmotors se sleutels gevat het. Dit het veroorsaak dat die voertuie vir lank stilgestaan het.