Rafa toets positief vir Covid, geen ATP nie

Die Spaanse tennis-ster Rafael Nadal se planne om weer groot tennis te speel by volgende maand se Australiese Ope het ‘n terugslag beleef nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Hy sê hy het die toets gedoen toe hy in Spanje aangekom het ná ‘n vertoontoernooi in Abu Dhabi verlede week. Die 35-jarige Nadal sou later hierdie maand Melbourne toe vlieg om in ‘n ATP-toernooi te speel voor die Australiese Ope. Hy sukkel die afgelope ses maande met ‘n voetbesering.