Arbeid vra opdatering van inligting vir vergoedingsbegunstigdes

Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op alle begunstigdes wat tans werkers-vergoedingsvoordele op ‘n maandelikse basis ontvang, om hulle jongste bankbevestigingsbriewe, gesertifiseerde ID-afskrifte en ‘n polisieverklaring wat hul woonadres bevestig, voor of op 31 Mei vanjaar in te dien. Die ministerie moet sy databasis opdateer. Lydia Indombo, uitvoerende direkteur by die ministerie, verduidelik.