Verbod op vuurwerke op Swakopmund

Die dorpsraad van Swakopmund word geloof vir sy verbod op die gebruik van vuurwerke op die dorp. Luidens ‘n verklaring, moet enige inwoner binne die dorp spesiale toestemming kry om vuurwerke te gebruik. Die dorpsraad sê daarsonder, is dit ‘n kriminele oortreding en lede van die publiek sal vervolg word. Vuurwerke kan uiters traumaties vir diere en jong kinders wees en is ook volgens Swakopmund se munisipaliteit, ‘n veiligheidsrisiko. Elke jaar, veral net na Oujaarsaand, meld troeteldier-eienaars of vermiste, of beseerde troeteldiere aan.