Daily Maverick-stuk lok verdere kritiek uit

Die Daily Maverick artikel deur Don Pinnok oor Namibië se gemeenskapsbewaring-program is steeds in die nuus. Die Namibiese ministerie van die omgewing het die ondersoek as snert afgemaak en kritiseer, onder andere, die metode van dataversameling. Die uitvoerende direkteur by die ministerie, Teofilus Ngitila, sê die stuk is onwetenskaplik en neem nie die realiteite op die grond in ag nie. Rolspelers in Namibië se bewaring milieu meen ook dat vrae oor watter uitdagings inwoners in bewaringsgebied ervaar, na verlengde droogtes, veral in die Kunene-streek, die impak van Covid en ‘n toename in stropery, veral deur sindikate, onregverdig is. Die artikel maak ook geen melding van enige van die suksesse van die bewaringsplan nie. Dat daar uitdagings is, veral met politiek in bewaringsgebiede, word toegegee maar, die artikel word steeds as ‘n erg oordryf beskryf.