Radio is belangrikste bron van inligting in die land

Namibië sluit aan by die res van die wêreld met die herdenking van die 12de Wêreld Radiodag. Radio bly uiters belangrik, veral in Namibië vir vermaak, nuus en inligting. Die adjunk-minister van inligting, Emma Theofelus sê radio is die mees toeganklike vorm van media in die land.