Drie groenskemas presteer – Schlettwein

Drie groenskemas, Shadikongoro, Sikondo en Etunda, is nog nie deur die landbouministerie vir privaatvennootskappe geadverteer nie en is in produksie met wintergewasse wat reeds geoes word. Minister Calle Schlettwein sê die skemas het ‘n opbrengs van 776 hektaar aangekondig wat 7 000 ton wit mielies insluit en sou alles glad verloop sal die opbrengs die Nasionale Strategiese Voedselreserwe van 11 000 metrieke ton oorskry en sal na beraming 14 000 ton behaal. Witmielies se plaaslike vraag van April tot Desember 2022 was 136 204 ton met 97 534 ton wat plaaslik geproduseer is en 38 670 ton wat ingevoer is. Schlettwein het sy tevredenheid uitgespreek oor die feit dat produksie in die land die 50 persent kerf verbygesteek het en daar moet nou hard gewerk word aan volhoubaarheid in koring- en graanproduksie.