Raad van Kovsies keer Covid-inentingsbeleid goed

Die Raad aan die Universiteit van die Vrystaat het ‘n Covid-inentingsbeleid goedgekeur vir studente en personeel met hul terugkeer volgende jaar na al drie sy kampusse. Die komitee sê hy sal nie studente verhinder om vir die akademiese jaar te registreer as hul nie teen 14 Februarie 2022 ingeënt is nie, maar toegang tot die kampus kan alleen verkry word indien hulle ingeënt is of ‘n vrywaring gekry het vanaf die Werknemer- en Studente-inentings-komitees. Ingeënte persone moet hul inentingsertifikate op ‘n elektroniese platform laai om toegang tot die kampus te verkry.