Motoriste in Gauteng sal eerste keer ooit meer as R20/liter vir petrol betaal

Motoriste in Gauteng sal hierdie week vir die eerste keer ooit meer as 20 rand betaal vir ‘n liter petrol. Die prys sal Woensdag met 81 sent per liter styg. ‘n Liter petrol sal aan die kus 19 rand 63 sent kos. Die prys van diesel styg met tussen 72 en 75 sent per liter. Nie alleen het die prys van ru-olie gestyg nie, maar die rand het ook verswak. Boonop verhoog die winsmarge op brandstof vanaf volgende maand en die balansfondsheffing is met 26 sent per liter verhoog.