R1m ingevoerder na dreigemente om krag, water af te sny

Nes in Namibië, sukkel die ANC-regering in die buurland ook om sy munisipale rekenings te betaal. Die Modimolle-munisipaliteit in Limpopo het binne ‘n dag byna 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand ingesamel ná dreigemente om die krag af te sny by die landdroshof en Korrektiewe Dienste weens wanbetaling. Volgens die burgemeester, Marlene van Staden, is byna 760 miljoen rand verskuldig aan die munisipaliteit weens uitstaande skuld. Van Staden sê ‘n lys van top 100 besigheidsdebiteure en top 100 residensiële debiteure is opgestel vir die volgende invorderingsaksie hierdie week. Sy sê die skuldinvorderingsproses is om die munisipaliteit in staat te stel om beter dienste te lewer.