Trudeau en Ramaphosa gesels oor die Oekraïne

Die eerste minister van Kanada, Justin Trudeau, sê hy het in ‘n telefoongesprek met President Cyril Ramaphosa Rusland se onwettige inval in onafhanklike Oekraïne bespreek. Russiese soldate het nou beheer oorgeneem van die suidelike stad Cherson se treinstasie en hawe. Albei leiers sê hulle is baie besorg oor die verlies aan menselewens weens die gewapende konflik en stem saam oor die belangrikheid van internasionale humanitêre wetgewing en die Handves van die Verenigde Nasies. Trudeau sê hy het ook met Ramaphosa bespreek hoe hulle kan saamwerk om as deel van die internasionale gemeenskap vinnig en sterk op die situasie in Oekraïne te reageer.