R1,3m se perlemoen in Oos-Kaap gevind

Dit wil voorkom asof die stropery van perlemoen onverpoosd voortgaan. Twee verdagtes is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen ter waarde van 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê lede van die snelwegpatrollie was besig met roetinepatrollies op die N10 toe hulle ‘n verdagte Audi A4-stasiewa gewaar wat teen ‘n hoë spoed ry. Hy sê ‘n tweede patrollievoertuig is uitgestuur om die beamptes by te staan: