Beste prys vir olie is tussen US$60 en US$80 ‘n vat

Opul en sy vennote sal moontlik olieproduksie moet verhoog om wat hy beskryf as die oorverhitting van die olieprys te vermy. Dit is die mening van die Opul-lid, Kazakhstan, wat meen die beste prys vir die kommoditeit is tussen 60 en 80 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul vergader vandag oor produksievlakke vir September. Op die oomblik is alle aanduidings dat produksieteikens nie verhoog sal word nie. Opul het die afgelope maande uitset, in ooreenstemming met sy teikens, met ongeveer 430 000 tot 650 000 vate per dag maandeliks verhoog en is nie ywerig om meer vate by te voeg nie. ‘n Gebrek aan spaarkapasiteit onder lede is as een van die hoofredes aangevoer.