Hoe meer jou reuk deur Covid geraak is, hoe groter die kans vir kognitiewe uitdagings later

Die jongste navorsing toon dat hoe meer ernstig en langdurig die verlies aan reuk is tydens ‘n Covid-infeksie, hoe groter die kanse vir langtermyn kognitiewe uitdagings wat geheueverlies insluit. Navorsers in Argentinië het 766 pasiënte ouer as 60 jaar bestudeer en sê die studie kan bydra tot die voorspelling van psigiatriese uitdagings in ouer mense wat Covid gehad het. Hulle sê verder dat studies onderneem moet word om te kyk of enige voorkomende behandelings ontwikkel kan word.