Pyplyn na Windhoek is herstel

Die watertoevoer-pyplyn vanaf NamWater op Okahandja na Windhoek toe, is laatnag herstel en die maatskappy het vanoggend weer begin om water na die hoofstad te pomp. Reservoirs was volgens berigte kritiek laag. Die lyn het Sondag weer gebreek, op dieselfde plek waar dit op 10 Februarie gebreek het. Dit sal sonder twyfel groot verligting bring vir inwoners van Brakwater wat direk uit die lyn met water voorsien word en sedert Sondag nie water gehad het nie. Stad Windhoek het sy boorgate en herwinningsaanleg benut om water aan inwoners te voorsien.