Zondo vra hof vandag vir meer tyd

Die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag ‘n dringende aansoek aan vir die verlenging van die staatskapingskommissie se lewensduur tot die einde April. Die kommissie se voorsitter, adjunk-hoofregter Raymond Zondo, vra meer tyd om die verslag af te handel. Hy voer in hofstukke aan dat dit langer neem om die verslag te voltooi omdat hulle probleme ondervind het om sekere dokumente in die hande te kry. Hy stel voor dat hy die derde deel van die verslag aan die einde van hierdie maand aan President Cyril Ramaphosa oorhandig en die vierde en laaste deel twee maande later.