NamPower betaal N$1 000 as werkers ent

NamPower sal 1 000 Namibiese dollar aan elke personeellid wat teen Covid ingeënt word, betaal. Die maatskappy se besturende direkteur Simson Haulofu sê die inentingstatus van die maatskappy is uiters laag en dus is die maatreël ingestel om personeel te motiveer. Werknemers moet voor die 15de van elke maand hul inentingspaspoorte indien en die betaling sal dan by die salaris bygevoeg word. Die veldtog loop tot einde Junie. NamPower is die tweede staatsbeheerde onderneming wat so veldtog het, naas Namcor wat nou vereis dat oningeënte personeel weekliks ‘n negatiewe Covid-toets moet voorlê en op eie onkoste bekom. Letshego het ook verpligte inentings daargestel.