Putin en Macron stem saam oor inspekteurs by kernkragsenetrale

Russiese President Vladimir Putin en sy Franse eweknie Emmanuel Macron het telefonies gepraat om die situasie by die Zaporizhzhia-kernkragsentrale te bespreek. ‘n Daaropvolgende verklaring beklemtoon Putin dat wat hy noem “die Oekraïenese weermag se sistematiese verwoesting van die kragsentrale” die gevaar skep van ‘n aansienlike ramp. Albei presidente het saamgestem oor die noodsaaklikheid om ‘n sending van die Internasionale Atoomenergie-agentskap na die kragstasie te stuur om die werklike stand van sake te bepaal.