Cheslin Kolbe sê nee dankie vir reuse-aanbod van Stormers

Rugby: Die Springbok-superster, Cheslin Kolbe het ʼn aanbod van die hand gewys om vir ʼn allemintige 11 miljoen Suid-Afrikaanse rand per seisoen, of 55 miljoen rand oor vyf jaar, vir die Stormers te speel, omdat dit glo onveilig is in die Wes-Kaap. Kolbe en sy vrou kom albei van Kaapstad maar woon reeds ʼn hele paar jaar in Frankryk. Rugby-ondersteuners onthou met genoegdoening sy puik drie teen Engeland in die Wêreldbeker in 2019 maar nou blyk dit hulle sal hom net in tuiswedstryde in sy Springboktrui sien en nie in die kleure van die Stormers nie.