Ramaphosa: Gereg moet sy gang gaan oor Gondongwana

President Cyril Ramaphosa sê hy sal wag dat die gereg sy gang gaan oor die seksuele aantygings teen die minister van Finansies, Enoch Godongwana. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die President is bewus van die bewerings, maar is nie van plan om op te tree nie, aangesien die behoorlike regsproses sonder vrees of guns moet verloop. Godongwana sê intussen hy sal voortgaan om sy werk te doen en die ekonomie te laat herleef en slegs die opsystaan-reël, in ooreenstemming met ANC-beleid, volg indien hy aangekla word. Hy het die bewerings herhaaldelik ontken