Putin en Biden gesels weer vanaand

Die Amerikaanse President Joe Biden en sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin sal vanaand telefonies praat in die jongste poging om spanning oor Moskou se militêre opbou op die grens met die Oekraïne te verlig. Internasionale nuusagentskappe berig dit sal die tweede telefoonoproep in minder as ‘n maand tussen die twee leiers wees. Biden het Putin vroeër die maand gewaarsku oor ernstige gevolge sou Russiese troepe die Oekraïne inval.