N$1,2m vir stoel langs Cyril? ANC het geld nodig!

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Barry Hanyane, sê die ANC is duidelik desperaat vir geld. Dié uitspraak kom te midde van berigte dat ‘n sitplek langs president Cyril Ramaphosa by die regerende party se gala-dinee in Polokwane 1,2 miljoen Namibiese dollar kos. Die dinee word voor die party se verjaardagvieringe op 8 Januarie gehou. Hanyane sê die ANC het finansiële probleme want hy het versuim om stelsels vir volhoubaarheid in plek te stel: