Nam-meisies, 13 & 14, mees kwesbaar vir MIV-infeksie

Daar is kommerwekkende navorsing in Namibië oor die kwesbaarheid om MIV en Vigs op te doen. Onder die Amerikaanse Pepfar-program wat in 2017 reeds in Namibië van stapel gestuur is, is navorsing oor geweld teen kinders en jongmense uitgevoer en volgens die uitslae is meisies tussen die ouderdom van ‘n skamele 13 en 14 jaar, mees kwesbaar vir die virus met ‘n 71 persent waarskynlikheid om dit op te doen. Vroue tussen 20 en 24 jaar het ‘n 63 persent kans en meisies tussen 15 en 19, 57 persent. Die hoogste risiko-groep is geïdentifiseer deur die ervaring van fisiese en emosionele mishandeling, vroeë alkohol-gebruik en die hoë waarskynlikheid om wees gelaat te word. Die navorsing spreek boekdele oor die maatskaplike uitdagings van Namibië in die gesig staar.