Publiek sal ingelig word oor reisdokumente tussen Namibië en Botswana

Dit het onder die aandag van die Namibiese ministerie van binnelandse sake gekom dat daar inligting op sosiale media sirkuleer wat sê dat Namibië en Botswana ‘n ooreenkoms onderteken het oor die gebruik van ID’s om tussen die twee lande te reis. Hierdie inligting is verkeerd, beklemtoon die ministerie. Die ministerie sê die twee lande onderhandel oor ‘n ooreenkoms oor die gebruik van ID’s as ‘n moontlike reisdokument. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sodra die ooreenkoms onderteken is, sal die burgers van beide lande oor die implementering daarvan ingelig word.