Blitsbokke kom vanaand teen Chile te staan

Rugby: Die Sewes-wêreldbeker het vanoggend in die Kaapstad-stadion afgeskop met die voorronde van 16. Die agt wenners van dié ronde wat deurdring na die laaste 16 is Ierland, Kanada, Samoa, Skotland, Kenia, Wallis, Uruguay en Chile. Die Blitsbokke speel outomaties in die ronde van 16 en kom vanaand na sewe-uur te staan teen Chile. Net voor dié wedstryd skop die Springbok Vroue-sewes hulle veldtog teen Frankryk om 18:35 af.