Nampol gee skokkende verkragtingsyfers

Volgens Namibiese polisie-statistieke is altesaam 4 284 Namibiese vroue en mans vanaf die jaar 2019 tot Julie 2022  verkrag, met die voorkoms van verkragting die hoogste in die Ohangwena-streek. Die nuwe inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, sê in 2019 is altesaam 1 110 mense verkrag. Hierdie getal het effens toegeneem tot 1 242 in die jaar 2020, voordat ‘n effense afname gesien is, met onderskeidelik 1 208 verkragtingsgevalle in 2021 en 722 gevalle in 2022. Die Ohangwena-streek is die hoof-sentrum van verkragting met 663 gevalle, gevolg deur Khomas met 655 gevalle en die Oshikoto-streek met 548 gevalle. Altesaam 2 222 volwassenes is verkrag en 2 062 minderjariges.