PSG Namibia voorspel positiewe groei van 3,1% vir 2020

PSG Namibia voorspel dat die plaaslike ekonomie vanjaar ‘n positiewe groei van 3,1 persent kan toon. Eloise du Plessis, PSG Namibië se hoof van navorsing het aan The Namibian verduidelik watter sektore groei na verwagting sal meebring. Du Plessis verwag steeds dat die bedrywe wat goed gevaar het vóór die pandemie, die ekonomiese ontbering van die pandemie sal oorleef.