Shangula sê waarom Covid-statistieke laat is

Daar is talle navrae waarom Namibië se daaglikse Covid-statistieke laat is of eers die volgende dag aangekondig word. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het verduidelik ‘n groot aantal mense gaan tans vir Covid-toetse, vandaar die agterstand van die daaglikse aankondigings.