Psemas se tariewe sage duur voort

Die stand van sake en die uitdagings met die staat se mediese fonds duur voort. Die Namibiese Privaatpraktisynsforum het onlangs gesê Psemas betaal mediese praktisyns steeds op Namaf se 2014 tariewe. Volgens die forum het ‘n studie deur konsultante wat deur Psemas aangestel is, getoon dat die tariewe veels te laag is en onvolhoubaar is. Die forum het ‘n peiling onder sy lede gedoen en sê dat 24 persent van sy respondente nie ingekontrakteer is by Psemas nie en dat net 21 persent wat wel is nog finansieel stabiel is. Die meerderheid, 55 persent, is ingekontrakteur by Psemas maar werk teen ‘n verlies en subsidieer in werklikheid Psemas-pasiënte. Eben de Klerk, navorser by die Ekonomiese Beleidsnavorsing-verenigng sê die fonds bly eenvoudig ‘n probleem en die regering is bewus daarvan.