Hatuikulipi het N$58m uit Fishrot verdien – Imalwa

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa sê James Hatuikulipi het net meer as 58 miljoen Namibiese dollar uit die Fishrot-skandaal verdien. Die nuus het aan die lig gekom tydens die aansoek deur Hatuikulipi om verskeie aspekte van die wet op georganiseerde misdaad uit te daag. Imalwa sê van die fondse, is 54,6 miljoen in die buiteland, in ‘n rekening van Tundavala Investment betaal. Hatuikulipi is die enigste direkteur in daardie maatskappy. Volgens Imalwa weet hulle glad nie waar daardie fondse is nie. Sy sê as daar in ag geneem word hoeveel geld Hatuikulipi uit die land gevat het, is die huidige beperkings wat op hom geplaas is ingevolge die wet, regverdig.