Okh-grootbaas erken probleme met grond

Vincent Kariseb, die voorsitter van die uitvoerende komitee van die Okahandja-munisipaliteit, sê daar is uitdagings met grond op die dorp sowel as die diens van erwe. Sy aanmerkings kom na die groep ‘n versoekskrif in Windhoek by die eerste minister se kantoor ingedien het. Kariseb sê hulle het reeds met die groep vergaderings belê maar die mense daag nie op nie.

Hy voeg by dat die grond op die oomblik geformaliseer word en sal wel oorhandig word.