PSEMAS-lede kry SMS-lyn

Die Namibiese ministerie van finansies het ‘n SMS-kennisgewing ingestel vir lede van die mediese fonds vir staatsdienswerkers, PSEMAS. Die ministerie en Methealth Namibia Adminstrators is verheug dat hulle die SMS-kennisgewing-inisiatief bekendgestel het. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus, het die ministerie se skakelbeampte, Tonateni Shidhudhu, gesê die SMS-diens sal op 1 Julie afskop. Die SMS-nommer is 4555 wees.