Geslagsgeweld gedy tydens pandemie

Geslagsgeweld het tydens die Covid-pandemie drasties toegeneem. In die eerste maande van die Covid-pandemie het die Verenigde Nasies beraam dat inperkingsmaatmaatreëls tot 15 miljoen bykomende gevalle van geslagsgeweld kan lei. Wêreldleiers kom vandeesweek in Parys byeen om ongelykhede te bespreek. Anthea Basson, nasionale inligtingsbeampte van die Verenigde Nasies se inligtingsentrum in Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.