Pryse van boumateriaal skiet die hoogte in

Onderbrekings in die waardeketting as gevolg van Covid-19, het die prys van boumateriaal die hoogte laat inskiet. Luidens die jongste berigte beslaan boumateriaal ongeveer 60 persent van die koste van ‘n nuwe woning. Volgens First Capital Namibia het die boukoste-indeks tot 6,8 in September gestyg, die hoogste in vyf jaar. Elektriese goedere is 8,7 persent duurder as verlede jaar en bakstene is op met 4,5 persent vergeleke met 2020. Die koste van boumateriaal is duurder in die Noorde van die land as in die sentrale en suidelike gebiede.