Nuwe ID-dokument môre bekend gestel

President Hage Geingob en die ministerie van binnelandse sake gaan ‘n nuwe identiteitsdokument vir burgers, permanente inwoners en vlugtelinge môreoggend om nege-uur by Staatshuis bekend stel. Meer inligting oor die ou identiteitsdokumente sal ook voorsien word, sê Margaret Kalo, die woordvoerder van die ministerie.