SA-regsfirma vat aksie teen plaaslike verkoop van olifante

Die omstrede besluit deur die Namibiese omgewingsministerie om 170 olifante op veiling te verkoop bly in die nuus. ‘n Suid-Afrikaanse regsfirma Cullinan and Associates het in ‘n brief aan Cites gesê dit is onwettig om uitvoerpermitte uit te reik vir diere wat onder aanhegsel een en twee volgens Cites geklassifiseer is. Die regsfirma sê verder dat dit ook onwettig is vir lande wat buite die natuurlike gebied waar olifante voorkom is, om ‘n invoerpermit vir die diere uit te reik. Die ministerie het onlangs aangekondig dat 57 diere reeds verkoop is vir 5,9 miljoen Namibiese dollar.