Private entiteite moet kragbedryf in SA betree

Die Suid-Afrikaanse energie-kenner, Chris Yelland het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om onmiddellik die verkryging van krag van private entiteite te bespoedig om die verlammende kragonderbrekings, wat die land tans ervaar, aan te spreek. Eskom het vroeër vandag aangekondig dat die hele land onder fase ses-beurtkrag, tot middernag, sal wees. Die fase is ook môre, tussen vyf-uur in die oggend, tot middernag in plek. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se korrespondent in die Kaap het die storie.