Enoch Nkwe is nuwe kriekethoof in SA

Enoch Nkwe is bevestig as Krieket Suid-Afrika se nuwe direkteur van Krieket. Die posisie was van die einde van Maart af vakant toe die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith se kontrak tot ‘n einde gekom het. Nkwe het in Augustus verlede jaar bedank as assistent vir hoofafrigter Mark Boucher. Die voormalige provinsiale speler vir die Hoëveldse Leeus tussen 2004 en 2009, het ook gedien as die Proteas se tussentydse direkteur op hulle toer deur Indië in 2019.