Prinses Charlene steeds siek

Prinses Charlene van Monaco sal volgens die paleis in die stad nie deelneem aan enige van die herdenkings van Monaco se nasionale dag wat die week gehou word nie. Luidens ‘n verklaring is die prinses se gesondheid op die oomblik baie swak en sy is na ‘n geheime plek geneem om te herstel. Charlene het in Oktober 2011 met prins Albert getrou. Sy het meeste van die jaar by haar familie in Suid-Afrika deurgebring en het vroeër die maand na Monaco teruggekeer. Sy is in Suid-Afrika vir ‘n oor, neus en keel infeksie behandel nadat sy inmekaar gesak het.