Vakbond sê dankie aan verpleërs

Die Verpleegstersunie van Namibië is dankbaar dat Namibiërs gehoorsaam is aan die Covid-regulasies. Die afgelope maande is ‘n skerp daling in Covid-gevalle en hospitalisasie van Covid-pasiënte waargeneem wat baie druk van verpleegsters afgeneem het. Junias Shilunga, sekretaris-generaal van die unie, bedank alle verpleegsters vir hul harde werk tydens die pandemie.