Prins Andrew moet antwoord gee

Prins Andrew het 21 dae om te antwoord aan die Amerikaanse distrikshof in Manhattan nadat die siviele eis teen hom wat deur Virginia Guiffre geloods is, by die kantore van sy Amerikaanse prokureur afgelaai is. Dit plaas die Britse koningshuis in ‘n penarie omdat Andrew uiteindelik moet antwoord gee. Guiffre sê Andrew het haar seksueel misbruik terwyl sy minderjarig was. Die klagte spruit uit Andrew se vriendskap met Jeffrey Epstein. Andrew het vroeër al die aantygings teen hom ontken en gesê hy ken nie vir Guiffre nie maar daar is foto’s van die twee saam in Epstein se huis.