SA se kernbedryf kort deursigtigheid

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika, Outa, sê die versterking van die Nasionale Kern-reguleerder in ooreenstemming met internasionale standaarde sal help om die publiek te beskerm maar deursigtigheid is noodsaaklik. Die organisasie het voorleggings aan die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie gedoen ter ondersteuning van strenger regulasies as dié wat tans in die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Kernreguleerder vervat is. Liz McDaid van Outa sê Suid-Afrika het ‘n tradisie van geheimhouding in die kernbedryf en ‘n kernafval-nalatenskap uit die apartheidsera geërf, wat aangespreek moet word: