Prins Andrew in New York gedagvaar

Prins Andrew word in New York gedagvaar deur ‘n Amerikaanse vrou wat beweer dat sy deur die ontslape Jeffrey Epstein se vriendin Ghislaine Maxwell na haar huis in Londen geneem is en daar misbruik is deur hom. Sy was 17 ten tye van die beweerde voorval. Virginia Giuffre, voeg by dat Andrew haar ook by Epstein se huis in New York misbruik het. Andrew ontken reeds ‘n geruime tyd al die klagtes teen hom. Hy sê dit het nie gebeur nie en hy kan Giuffre glad nie onthou nie. Daar is foto’s van die twee saam in New York. Andrew word volgens berigte gedagvaar omdat hy nie inligting aan Giuffre se prokureurs in die verband wou verskaf nie. Hy het vroeër gesê hy sal enige ondersoek in verband met die Epstein-skandaal bystaan. Hy en Epstein was bevriend en het baie saam gekuier. Maxwell het intussen onskuldig gepleit. Sy is steeds in aanhouding en haar verhoor begin in November.