Geslagsgeweld het toegeneem tydens inperkings, hier en elders

Nes in Namibië het Suid-Afrika ook ‘n toename in geweld teen vroue en kinders tydens die inperkings beleef. Volgens kenners is die impak op vroue wat geweld betref, tweeledig. Eerstens beteken afsondering en ander tuisbly-maatreëls wat verband hou met inperking dat vroue meer blootgestel word aan geweld in hul eie huise. Tweedens het die pandemie onder meer armoede, werkloosheid en die misbruik van drank en dwelms verdiep wat direk bydra tot geslagsgeweld. Die bestuurder van beradingsdienste vir die Suid-Afrikaanse People Opposing Women Abuse, Jeanette Sera sê streng inperkingsmaatreëls het beteken baie vroue kon nie wegvlug van hul aanrander af nie: