Verslag oor Dordabis-brand verstom

Plaaslike media berig dat die vuur in die gebied van Dordabis onder beheer gebring is maar, dat dit nou in ‘n suidelik rigting, in die rigting van Groot Aub beweeg. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing Romeo Muyunda het aan media bevestig dat ‘n verslag deur Stad Windhoek toon dat die 63-jarige man wat dood is in die vuur, moontlik verantwoordelik is vir die verdere verspreiding van die brand. Voorlopige aanduidings is dat hy aan die slaap geraak het in die veld met ‘n brandende sigaret. Muyunda het bygevoeg dat die bevinding nog deur owerhede bevestig moet word. Hulle het ook uitdagings gehad met boere wat nie brandbestryders op hulle grond wou toelaat nie, veral in die noordelike dele van die brand. Volgens die voorlopige verslag was daar ook ‘n tekort aan toerusting en mannekrag. Minstens 70 000 hektaar is verwoes in brand verlede week.