Presisie-boerdery en Namibië

Landboukenners in Suid-Afrika sê die bedryf staan op die vooraand van ‘n fantastiese era. Tegnologie word meer bekostigbaar en die tempo van verandering raak al hoe vinniger. Dr. Theo de Jager, uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, SAAI, en ‘n kenner in presisie-boerdery het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die Namibiese omstandighede in die verband.