SARB sal repokoers onveranderd hou

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal môre die repokoers in die buurland bekendmaak. Op die oomblik is die koers op 3,5 persent terwyl dit in Namibië op 3,75 persent staan. Sommige ekonome meen die terugkoopkoers sal moontlik opwaarts aangepas word maar volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sal dit nie môre gebeur nie.