President van Botswana besoek môre Roots-landbouprojek by Stampriet

Die President van Botswana, Mokgeetsi Masisi, gaan môre saam met van sy kabinetslede besoek by die mega-plaas, Roots Namibia, by Stampriet aflê. Die Roots-ontwikkeling is gebaseer op die nuwe konsep van ‘n landbou-dorp wat ontwikkel word om uitvoerprodukte na die internasionale mark uit te voer. Salomon Kalondo, ‘n vennoot van Roots Namibia het die besoek van Masisi aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en gesê hulle is opgewonde oor die staatshoof se besoek.