Haaie hardloop draaie om Leeus, Cheetahs om Pumas

Curriebeker-rugby: Die Haaie het draaie om die Leeus gehardloop in Johannesburg en uiteindelik met 45-31 gewen. Die Haaie se Boeta Chamberlain was ‘n yster met sy skopskoen. Die Haai het vier keer gaan druk. In die ander wedstryd was die Vrystaat Cheetahs te sterk vir die Pumas en het met 29-17 in Mbombela geseëvier. Die Cheetahs se Ruan Pienaar het gekook met twee elk doelskoppe en strafdoele, terwyl Eddie Fouché van die Pumas ook goeie werk gedoen het.