Weermag van bokke maak oorlog teen indringerplante

‘n Weermag van bokke maak oorlog teen indringerplantegroei in die Oos-Kaap. Indringerspesies soos Port Jackson en wattelbome put die land se watervoorraad uit, vuur veldbrande aan, verminder landbouproduktiwiteit en vernietig Suid-Afrika se bio-verskeidenheid deur inheemse flora te oorheers. Dit kos die land jaarliks ongeveer twee miljard rand om indringer spesies te probeer vernietig. ‘n Boer buite Kaap St Francis, Pieter Bosman, laat nou sy bokke los as deel van ‘n strategie om die plaag te bestry.